Nuwe president vir SACBW

Dr. Ziva Spanenberg (links), is as die nuwe president van die SACBW aangewys. By haar is Angelique Erasmus van Die Hoorn met die skildery wat sy as geskenk vir Spanenberg gegee het. Foto: Kleinoi Photography

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) het op 19 Oktober Dr. Ziva Spanenberg tydens hul spogfunkise by Perdeberg Wynlandgoed buite Kaapstad as die nuwe president van die organisasie aangewys. Spanenberg wat die leier van SACBW Wes-Kaap was, neem die leisels vir 2025 oor by Hanlie Delport.

Angelique Erasmus, mede-eienaar van Die Hoorn neem in 2025 oor as die voorsitter vir die Oudtshoorn-tak. Die SACBW is in 1988 deur Rika Venter, Erasmus se ouma gestig, en bied ’n platform, ondersteuningsnetwerk en bemagtiging aan vroue vir die afgelope 36 jaar.

Om aan te sluit of vir meer inligting oor die SACBW, kontak Angelique Erasmus by 076 606 2554. Besoek gerus die SACBW se webwerf, www.sacbw.org.za, en hou ook hul Facebook-blad dop.