DIT is weer daardie tyd van die jaar waar die munisipale begroting opgestel word.
Elke Oudtshoorniet moet hulle self vergewis oor hoe die nuwe begroting hulle sak gaan raak. Hier is ’n opsomming oor volgende jaar se tariewe:
- Erfbelasting styg met 10%
- Riool word weer op ’n nuwe manier bereken. Daar gaan weer ekstra betaal word vir ’n addisionele toilet/urinaal.
- Vullisverwydering styg met 66,6% (daar word ’n nuwe metode van berekening gebruik)
- Elektrisiteit styg met 16% (onderhewig aan NERSA se goedkeuring)
- Watertariewe (basies) styg met 13% en gebruikstariewe styg tussen 1% en 3,5%.
- Alle ander tariewe styg met 7%.
Daar word vanaf 12 April tot en met 26 April gemeenskapsvergaderings gehou waar inwoners ingelig gaan word oor die Geïntegreerde Ont-wikkelsplan en die konsepbegroting.
Dit is op hierdie platform waar inwoners hulle insette moet kom lewer oor die begroting.
Die skedule oor vergaderings was reeds in Die Hoorn se uitgawe van 30 Maart geadverteer en is ook beskikbaar by www.oudtshoorn.gov.za onder die kennisgewing-afdeling, kennisgewing 7 van 2023: “The Mayoral Imbizo’s On Draft IDP For 2023/2024 And Draft Budget For 2023/2026 Financial Years” (Deur Heinrich Bosman)
