AJ Lombaard (9), ’n leerder aan die Montessorie-skool op Oudtshoorn en bobaas skopbokser, staan nie terug vir harde werk nie.
Onder die waaksame oë van sy oupa, Jaco, en ouma, Gerdine, het hy tot laat Donderdagaand en weer Vrydagmiddag na skool, die grasperk op die hoek van Park- en Voortrekkerweg op ’n John Deere trekkertjie kafgedraf.
Die parkie, wat voor hul huis is, staan bekend as die Calitzdorp-parkie.
AJ het sowat ’n jaar gelede saam met sy grootouers vanaf Mosselbaai verhuis en is baie gelukkig hier.
AJ se inisiatief om die stuk gras te sny, is weereens ’n bewys dat inwoners, ongeag ouderdom, baie kan bydra om die dorp te verfraai en verbeter.
Die burgemeester, Johan Allers, het ook ’n draai by AJ gemaak en nooi inwoners om deel te raak van die #Ek help ook-inisiatief. (ANGELIQUE ERASMUS)
Nooit te oud of jonk om jou deel te doen nie #ek help ook-inisiatief
