Oudtshoorn Elephants op pad na nasionale kampioenskappe in Kaapstad

Die kapteine van die onderskeie spanne van die Oudtshoorn Elephants binnenshuise hokkie-spanne is Edward Dalton van die o.18-seunsspan (links), Krige Theron van die o.16-seunsspan (middel) en Dunay Jonck (regs)van die o.16-meisiespan. Die o.13- seuns se kaptein sal nader aan die kampioenskappe verkies word. Foto’s: Verskaf

Die Oudtshoorn Elephants se binnens-huise hokkiespanne wat in Desember aan die PSI Nasionale Kampioenskappe in Wynberg gaan deelneem is gekies.

Die o.13-seuns gaan van 11-15 Desember deelneem en die o.16 en o.18 spanne neem vanaf 15-19 Desember deel.

Spanne is soos volg:
o.13-seuns: Cobus Joubert, Colton Mendoza, Duncan Mendoza, Stephen Els, Hanroe Joubert (doelwagter), Arno van der Westhuizen, Athelihle Mpambani, Joshua Janse Van Rensburg en Erich Falch. Kirk Mendoza is die afrigter.

o.16-seuns: Erik Nothnagel (onderkaptein), Albert Jacobs, Jaco Theron, Krige Theron (kaptein), Leon le Roux, Graham Hughes, Michal Moolman, Daniel Christie, Dian Potgieter, HJ Joubert en Keandre Thysse (doelwagter). Wilton Lombard is die afrigter.
o.16-meisies: Ingrid Hickman (doelwagter), Noa Hancke, Nina Cloete (onderkaptein), Melanie van Rensburg, Dunay Jonck (kaptein), Emma Kennedy, Marli Conradie, Ilze Stegmann en Calista Joubert. Charné Dalton is die afrigter.

o.18-seuns: Christiaan van Santen (doelwagter), Anando Olivier, JD Hendricks, Roux Delport (onderkaptein), Ruhann Goets, Edward Dalton (kaptein), Kean Dalton, Ethan Voigt, Johnny Behrens en Christiano Veldkornet. John Dalton is die afrigter. (LINDI BRILL)