Nog kaartjies beskikbaar vir Kerskonsert

DIE goeie nuus is dat daar nog kaartjies beskikbaar is vir laatslapers om Saterdagaand (11 Desember) by die granaatplaas Celebration in die Klein Karoo na die pragtige stemme van Lynelle Kenned, Corlea Botha en Jannie Moolman te kom luister.

Dit lyk asof die weer gaan saamspeel met ’n heerlike 21 grade Celcius wat die aand van die konsert voorspel word.
Klassieke Klein Karoo Kersfees word jaarliks eksklusief deur Celebratio geskep. Die soliste word begelei deur lede van die Stellenbosch Stads-orkes.

Die gehoor kan uitsien na ’n program met van die wêreld se mooiste Kersliedere en klassieke tref­fers.

Die konsert begin om 19:30, maar die kos- en wynstalletjies is vanaf 18:00 oop.

Kaartjies kos R250 en is aanlyn beskikbaar op www.celebratio.co.za, kontant by PostNet Oudts­hoorn of die aand van die vertoning by die kaartjiekantoor langs die verhoog.

Die plaas is sowat 30 km van Oudtshoorn langs die Ou Sementpad geleë. Vir meer inligting kontak gerus 0828027138 of 0823356059.