
DAAR is nog geen nuwe inligting bekend oor ’n groot klomp wapens en ammunisie wat op Donderdag 7 Januarie 2021 by die Raubenheimerdam buite Oudtshoorn gevind is nie.
’n Munisipale werker wat tydens ’n roetine-inspeksie by die dam op van die ammunisie afgekom het, het dit aangemeld en die Donderdag na die dam teruggekeer nadat die watervlak gedaal het. Hy het nog ammunisie ontdek.
Lede van die Polisie se Attaqua K9-honde-eenheid, die Polisie se duikeenheid en misdaadintelligensie is na die toneel gestuur waar vuurwapens, vuurwapenonderdele en ammunisie gevind is – drie Martini Henry-gewere, een BSA-geweer, een antieke haelgeweer, twee rewolwers, een 303-geweer en 8 820 rondes ammunisie (verskillende kalibers).
Die Polisie het kort nadat die wapens en ammunisie gevind is, be-kend gemaak dat ’n span ervare ondersoekers die saak ondersoek. Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om te help om diegene verantwoor-delik vir die storting van die wapens op te spoor.
Inligting word vertroulik hanteer. Die Oudtshoorn Polisie kan gekontak word by tel 044 203 9000 of Crime Stop by 0860 10111 of deel inligting op die MySAPS-app. (Deur Liesel le Roux)