Niemand beseer toe huis afbrand

Die puin waar die oopslaanhuis in Suringhof gestaan het. Foto: Innes Olivier

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n opslaanhuis in Suringhof, Bridgton Saterdagmiddag laat (20 Maart) in puin gelê is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die opslaanhuis omstreeks 17:40 aan die brand geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Niemand is ook in die brand beseer nie.

Op Die Hoorn se Facebook-blad was die ge­meenskap vol lof vir die Oudtshoorn Brandweer-personeel wat op die toneel was.