Nicole se lewe gevier

Nicole Mienie (21). Foto: Facebook

’N VIERING van Nicole Mienie se lewe vind Saterdag (17 September) om 11:00 by die Helen­de Woord Bediening in Jones­straat 3 op Oudtshoorn plaas.

Nicole (21), wat in Mei vanjaar van Oudtshoorn na Namibië verhuis het nadat sy as vliëenier by Scenic Air Namibia begin werk het, is op 30 Augustus saam met vier Duitse toeriste oorlede toe die vliegtuig waar­mee hulle gereis het, in die Zam­besirivier neergestort het.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Mense word genooi om vrolik aan te trek na die viering van haar lewe en daardeur Nicole se “sprankel te vier.”

Nicole se ouers, Nico en Alicia Mienie wat op Oudts­hoorn woon, het vroeër vandeesweek Na­mibië besoek. Tydens hul besoek het hulle Maandag ook ’n vie­ringsbyeenkoms vir Nicole by­gewoon wat deur Scenic Air gereël is.