Neksteker skuldig

’N DE RUSTER wat die ma van hul kinders met ’n mes in die nek ge­steek het, is in die Oudtshoorn Streek­hof skul­dig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat hy skuldig gepleit het. Herchille Adams (22) sê in sy pleit­verduideliking dat hy op 2 Oktober 2020 vir Danella Majolla gejaag het omdat sy hul kinders van hom weghou. Toe sy val, het hy haar met ’n mes in die nek gesteek. Vonnisoplegging vind op 3 Augustus plaas. (Deur Garnett Wicomb)