Die konstitusionering van die Oudtshoorn-Khoi Gemeenskap (OKG) is ’n uitvloeisel van Glen Snyman se drukgroep, People Against Race Classification (PARC), om te veg vir ’n kultuur identifisering van alle Suid-Afrikaners, eerder as om van ras gebruik te maak. “Mense moenie gedefinieer word op hulle velkleur of fisiese voorkoms nie. Hoekom moet daar ’n end tyd vir die Khoi-volk wees om voort te bestaan in hulle kulturele identiteit?” het Snyman gesê. Die Kaapse Sensus van 1904 het 92 181 Khoi mense getel.
Hierdie mense bestaan dus tot vandag toe nog, verduidelik hy verder.
Snyman en sy ondersteuners veg sedert 2010 al vir die akkurate benaming van veral “Bruinmense”. “Die identiteit van Bruinmense en Coloureds het ’n politieke speelbal geword vir partye in die land sodat partye net stemme uit hierdie gemeenskap kon werf soos hulle wil, ongeag hoe hulle die mense misbruik, en oorsien in belangrike politieke besluite.” lui Snyman se verklaring.
Met die slagspreuk: “Ons kan self” het Snyman en sy groep besluit om op te staan en te veg teen die ontkenning van hulle identiteit as die oorspronklike lewende en bestaande Khoi-mense van Suid-Afrika. ’n Luukse, elegante en duur Springbokvel baadjie met ’n ewe elegante tiervel hoedjie en volstruisveer op jou kop, is nie wat jou ’n Khoi -man of -vrou maak nie. Dra jy moderne klere, en glo jy is ’n Khoi, en wil ’n Khoi wees en jou agtergrond stam uit ’n Khoi-familie uit, en jy was deel van die onderdruktes in die apartheidstyd gewees, dan het jy die reg om ’n Khoi te wees.”
Met die ontstaan van die Traditional and Khoi-San Leadership Bill van 2019 kon gemeenskappe aansoek doen by die regering vir die herkenning as Khoi-San gemeenskappe. Die Khoi-San is die sambreel naam vir die 5 groeperinge wat bestaan uit die: Cape-Khoi, Griqwa, Nama, Korana en San (Bushman) in Suid-Afrika.
Op 7 Mei 2024 het Glen Snyman met die Nasionale Kommissie vir Khoi-San Matters in Johannesburg ontmoet om die aansoekproses beter te verstaan. Die Kommissie-voorsitter is Prof Nico Botha. Botha sê dat hulle al honderde aansoeke oor die land ontvang het en almal is welkom om aansoek te doen. Hulle ondersoek self die aansoeke en maak die aanbevelings na die minister toe.
Glen Snyman sê hy soek nie die titel van Chief, of Paramount-Chief of selfs koning soos wat baie leiers tans mee rondloop nie. Hy is net “Meneer of Mr of Broer Snyman. Enige iemand is welkom om by hulle gemeenskapsgroepe aan te sluit wat aan hul minimumkriteria voldoen. As jy grond soek, of geld of posisies, is jy nie welkom nie.
Vir meer inligting gaan na hul webtuiste: www.oudtshoorn-khoi.co.za. Of kontak hom na 15:00 by 072 3424 926.
’n Vergadering word later die maand deur Snyman beplan.
’n Geveg teen identiteitsontkenning
Bo: Voor sit Glen Snyman en Edna van Hart. Agter van links is Douglas Bennit, Nokwanda Mazibuko (voorsitter van die Khoi-San Kommissie) Nico Botha en die sekretaris, Noah Mahlangu. Foto verskaf