Die Oudtshoorn Munisipaliteit het Dinsdag, 11 Junie al die sportspanne en individue wat die afgelope ses maande finansiële bydraes van die Munisipaliteit ontvang het vir hul deelname aan sport, bekendgestel.
Onder hierdie groep atlete was onder andere die skopboksers wat ’n bedrag van R24 250 ontvang het vir hul nasionale deelname en SWD Tweekamp wat die bedrag van R12 600 ontvang het vir die SA Kampioenskappe in Bloemfontein. Vir die Hokkie-atlete wat in Johannesburg, Bloemfontein en Paarl gaan deelneem, is daar ’n bedrag van R60 000 geborg.
Die o.13 en o.18 Cravenweekspelers het altesaam die bedrag van R96 500 ontvang. Verdere atlete wat finansiële hulp ontvang het was vir skaak, netbal, die veerpyltjiespan wat aan die SA Kampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem, die toutrekspan van Laurus, die vrouekrieketspan Union Stars en die spe-lers wat aan die SA Skole muurbaltoernooi gaan deelneem.
“Die Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n bedrag van meer as R200 000 beskikbaar gestel om finansiële hulp aan Oudtshoorn-atlete te bied,” het Ian Loubscher, Sport Ontwikkeling van Oudts-hoorn Munisipaliteit gesê. (Deur Lindi Brill)
Finansiële bydraes vir sport
Die rugbyspelers wat gekies is vir die o.13 Cravenweekspan saam met die burgemeester, Chris Macpherson. Die Oudtshoorn Munisipaliteit het R38 500 vir die spelers bygedra. Foto: Lindi Brill