DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit ondersoek tans twee gevalle van die onwettige storting van vullis op oop terreine op Oudtshoorn.
Die munisipaliteit het inwoners van Oudtshoorn vandeesweek op Facebook daarvoor bedank dat dié gevalle onder die munisipaliteit se aandag gebring is.
Volgens die Facebook-inskrywing wat Maandag (13 Junie) op die munisipaliteit se blad geplaas is, word die twee gevalle deur munisipale omgewingsbeamptes en wetstoepassers ondersoek.
Voertuie is in beide gevalle gebruik om die vullis onwettig af te laai.
Teen druktyd gister (Woensdag, 15 Junie) is verdere navrae oor die gevalle steeds onbeant-woord gelaat deur die Munisipaliteit. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Munisipaliteit ondersoek onwettige storting
Foto: Die Hoorn-argief