Foto van die Week
EERSTE WINTERSNEEU IS HIER!
Dié foto van die eerste wintersneeu op die Klein Swartberge buite Ladismith is Woensdag deur die Ladismith Visitors Centre op Facebook gedeel. Ook die toppe van die Swartberge buite Oudtshoorn en De Rust was Woensdagoggend wit van die sneeu.