Munisipale vullistrok sak in gat weg

Dié munisipale vullistrok het gister op die hoek van Jan van Riebeeckweg en Kerkstraat in Oudtshoorn ’n verkeersknoop veroorsaak toe dit in ’n gat in die pad weggesak het! Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, het die munisipale waterafdeling ’n waterpyp op die straathoek herstel, en daarna die pad gevul met grond.  Die volgelaaide vullistrok wat op pad was na die stortingsterrein, het egter toe dit oor die toegemaakte gat gery het, met sy agterwiel wat weggesak het in die grond. Niemand is beseer nie en daar was geen skade aan die trok nie. Foto Angelique Erasmus