‘Mr Mo’ wen met inhegtenisnames

DIE stasiebevelvoerder van die Ladismith Polisie, lt kol Pauline Kriel, het tydens ’n evalueringsge­leentheid van misdaad in die eerste ses maande van 2020 die dorp se polisiebeamptes geprys vir hul opofferinge tydens die inperking, veral die lede van sigbare polisiering wat uit hul pad gegaan het om lang ure te werk.

Sers Heino (Mr Mo) Moses het ’n sertifikaat ontvang vir die meeste inhegtenisnames in die eerste ses maande – ’n totaal van 110, wat dronkenskap, oortreding van die Covid-19-regulasies, besit van gesteelde goedere, dronkbestuur en dwelms soos dagga, tik en Mandrax insluit.

Kriel het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om tydens Vlak 1 van die inperking hul dissipline te verhoog. “As ons waaksaamheid verslap, dan tref die vyand, die virus, jou vinniger. Ons moet verantwoordelik wees en ons hande was, ons afstand handhaaf, ons maskers dra en, indien nodig, tuis bly.