Die Easter Inni Hoorn-motorskou wat Saterdag 19 April by die De Jager Sportgronde aangebied is, het meer as 70 inskrywings gelok. Volgens die organiseerders het meer as 650 mense in voertuie van alle soorte die dag bygewoon en hulle verwonder en verluister aan die blink motors en peperduur klanksisteme.
Motor-entoesiaste kon hulle rygoed inskryf vir Bass box, Loudest of the day, Best static, Best air, Best wheel, Best of show, Show and shine, Low limbo, Crew of the day en Rev off.
Volgens die organiseerders, Carmigos Motor Club, was die dag so suksesvol dat hulle in Junie ’n winterskou gaan aanbied.
Die organiseerders het ook ’n gedeelte van die dag se inkomste geskenk aan Rashean Stander, wat opgeneem is in die Eden Skaakspan, wat later die week na Vredenburg gaan toer. (HANNES VISSER)


