Lede van die publiek het minder as ’n week oor om lootjies te koop en ʼn vakansie van R70 000 los te slaan. Oudtshoorn Sport Inisiatief (OSI) het die projek geloods om fondse in te samel vir ʼn dak oor die pawiljoen by die NA Smit-swembad.
Die NA Smit-swembad is een van die sportfasiliteite in Oudtshoorn wat geweldig baie bydra tot die ekonomie van die dorp deur al die top-galas en tweekampbyeenkomste wat daar aangebied word.
Dit is algemene kennis dat besighede en gastehuise geweldig baat vind by sportgeleenthede in Oudtshoorn en daarom doen OSI ’n beroep op sake-eienaars en inwoners om kaartjies te koop.
Vir ’n R250 loterykaartjie kan ’n wonderlike vakansie in die Klein Karoo ter waarde van R70 000 gewen word. Die sluitingsdatum is reeds 30 April 2025 en alle Oudtshoorniete se ondersteuning is nodig om hierdie broodnodige toevoeging tot die swembad moontlik te maak.
Die kompetisie word onder die streng reëls van die Loteryeraad gehou.
Inskrywings kan gedoen word deur op die volgende skakel in te gaan en verdere inligting is ook daarop beskikbaar.
Minder as ʼn week om groot vakansie te wen
Die pawiljoen by die NA Smit-swembad waar OSI met hulle projek ’n dak wil aanbring. Foto verskaf