Mosies van wantroue ingedien teen Burgemeester, Onderburgemeester en Speaker

Bo: Chris Macpherson Foto Hoorn Argief, Links onder: Vlancio Donson Foto Hoorn Argief. Regs onder; Johan Allers Foto Hoorn Argief

Die ANC het verlede week mosies van wantroue teen die burgemeester Chris Macpherson, onderburgemeester Vlancio Donson en speaker Johan Allers ingedien.

Die mosies sou Donderdag, 11 Julie op ’n spesiale raadsvergadering dien, maar die vergadering is uitgestel tot verdere kennis.

Die mosie teen die onderburgemeester sou nie kon voortgaan nie, aangesien Vlancio Donson bedank het as onderburgemeester nadat hy verkies is tot onderburgemeester van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit.

’n Nuwe onderburgemeester moet met die volgende raadsvergadering verkies word.
Dit is op hierdie stadium nie duidelik of die mosies van wantroue op die volgende raadsvergadering gaan dien nie. (Deur Heinrich Bosman)