Moordsaak uitgestel

DIE saak teen vier verdagtes van Rosebank wat aangekla word van die moord op Justin Booysen (30), moes Dinsdag (7 September) weer eens uitgestel word. Booysen is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosasingel doodgeskiet.

Die saak is hierdie keer uitgestel omdat die betrokke landdros, Kenneth Peters van Kaapstad, weens ’n sterfgeval in sy familie nie na Oudts­hoorn kon kom nie.

Simphiwe Ndoni (32), Ephrahim Malgas (42), Lorenzo Malgas (24) en Breyton Bruiners (25) staan tereg op klagtes van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Ndoni en Ephrahim Malgas dien tans vonnisse van onderskeidelik vyf en drie jaar uit vir handel in dwelms, terwyl Lorenzo Malgas en Bruiners op borg is.

Die saak is uitgestel vir drie dae se verhoor, vanaf 10 tot 12 November 2021. (Deur Garnett Wicomb)