Oudtshoorn se eie legendariese storie-verteller en skrywer, Poem Mooney, is op Dinsdag, 26 Maart bekroon met die KKNK-prys vir lewensbydrae tot kuns en kultuur tydens die 28ste KKNK in Oudtshoorn.
Die vereringsfunksie het plaasgevind by die ABSA Kuierkamer, waar Mooney saam met vier ander kunstenaars, naamlik Jana Cilliers, Deon Meyer, Eldon van der Merwe en Colbert Mashile, vereer is. André Boesak het ’n aangrypende ode aan sy jare lange vriend gebring voordat Mooney na die verhoog geroep is om sy prys in ontvangs te neem. Mooney het ook sy nuwe boek, getiteld Waaraan dink poëte?, tydens die KKNK bekend gestel.
Sy stories is verder vertoon in ’n spesiale openbare geleentheid genaamd Die Staaltjiemeester.
Die erkenning van Mooney se bydrae tot die kuns- en kultuursfeer van Oudtshoorn is ’n ware huldeblyk aan sy talent en toewyding.