Checkers het vanjaar behoorlik die dorp blou-groen kom verf, deur een van die hoofborge van die 28ste KKNK te wees.
Checkers se baniere en ook oulike Afrikaanse slagspreuke soos “Kaptein skink die wyne”, “Van Coke tot Appel, afgelewer in 60 minute”, “Stop, wag eet nog ’n bietjie” en vele meer wat sinspeel op verskeie liedjies is hier te sien.
Vanjaar het hul ook vir Herman Lensing, be-kende kosskrywer en ook die redakteur van die Sarie-Kos tydskrif daar en kuier hy heerlik saam met bekende vriende en legendes.
Van hierdie gaste sluit in Frank Opperman, Elzabé Zietsman, Coenie de Villiers, Deon Meyer, Kurt Darren, Danie & Moskou van Spoegwolf, Lizz Meiring en nog vele meer wat hul kos geheime in kombuisgeselsies verklap.
Die Chekers Liplekker-teater bied gratis toegang aan feesgangers wat die feesmark besoek, met tot vyf vertonings daagliks vanaf 10:30 – 17:00.
Gaan kuier saam en geniet die samesyn.
Dalk leer jy self ’n nuwe resepwenk, smaakkombinasie of twee. (Deur Angelique Erasmus)