kykNET Plan B bekendgestel

Hannes van Wyk, het Dinsdagaand as seremoniemeester opgetree tydens die bekendstelling van kykNET se nuwe reeks Plan B. Foto: Hans van der Veen

Bekende akteurs wat eersdaags te sien is in ’n splinternuwe reeks, Plan B, het Dinsdagaand op kykNET se blou tapyt geloop.

Hierdie reeks sorg vir hope aksie, drama en selfs humor, en is uit die pen van Deon Meyer, een van Suid-Afrika se top misdaad skrywers.

Akteurs soos Amalia Uys, Tim Theron, Wanda Banda, Armand Aucamp en Dorette Potgieter het die reeks se bekendstelling bygewoon.

Dit was ook die eerste keer dat ’n reeks by ’n fees premier, en gehore kon die eerste episode voor die res van die land kyk, wat weekliks om 20:00 op kykNET, kanaal 144, uitgesaai word.
Hannes van Wyk, het as seremoniemeester opgetree, en gaste lekker aan die lag gehad.

Ander bekendes wat die glansgeleentheid bygewoon het was ondermeer Coenie de Villiers, André Swartz en Tobie Cronjé.

Feesgangers het behoorlik skouers geskuur met van Suid-Afrika se top talent, vanoor verskeie vermaaklikheidsplatvorms. (Deur Angelique Erasmus)

Deon Meyer en sy vrou Marianne. Foto: Hans van der Veen

Dorette Potgieter en Wanda Banda. Foto: Hans van der Veen