Mooi foto’s van vol Kammanassiedam

Dit is onmoontlik om nie hierdie ongelooflike foto’s van die Kammanassiedam, wat tans 100% vol is met ons lesers te deel nie. Morne Jonker het spesiaal 06:00 op Woensdagoggend met sy microlight vliegtuig gaan vlieg om die foto’s vir Die Hoorn te gaan afneem.