DIE jaarlikse sertifikaatplegtigheid van die Emmanuel Verpleegskool in Jubileestraat, Oudtshoorn, is op Woensdag, 4 Oktober gehou.
Ses studente het hul Hoër Sertifikaat in Verpleging ontvang vir hul kursus wat hulle in 2022 voltooi het en die sertifikate van die SANC (South African Nursing Council) nadat hulle die eksamen in Mei 2023 suksesvol afgelê het. Dié ses studente werk reeds almal in die bedryf.
Emmanuel het tans 69 studente, waarvan 40 die eenjaarsertifikaatkursus volg en 29 die diplomakursus in algemene verpleegkunde. Die eerste studente wat as professionele geregistreerde verpleegkundiges sal registreer, sal hul finale eksamen in November 2024 skryf.
Die verpleegskool neem elke jaar in Januarie nuwe eerstejaarstudente in. (Deur Lindi Brill)
Eerste sertifikaatplegtigheid vir Emmanuel Verpleegskool
Danielle Smith, Terthia Wanie, Jody Appel, Jenique van Rheede, Chanté Olislager en Sue-Kay Fredericks. Danielle Smith en Jenique van Rheeded was ook lede van die SRC (student representative council). Foto: Verskaf