DIE Coronation Memorial Versorgingsoord vir Bejaardes in Bridgton het weereens ’n groot skenking ontvang van die barmhartige samaritaan, Joey Nel.
Nel het ’n honderd paslakens aan die versorgingsoord se siekeboeg geskenk. Die skenking se waarde was R11 399.
Op 27 Junie het Die Hoorn berig oor Nel se eerste skenking aan Coronation, toe sy ’n nuwe klokkiestelsel in die siekeboeg laat installeer het, nuwe laaikaste laat inbou het en die teerpad buite op die perseel laat oordoen het. (Deur Lindi Brill)
Nog ’n skenking vir Coronation Memorial
Van links is Suster Wagenaar van Coronation Versorgingsoord saam met Joey Nel wat die skenking gemaak het en Joey McKay. Foto: Verskaf