Oudtshoorn se lugruim bokant die lughawe is hierdie week baie besig tydens die jaarlikse Oudtshoorn Skaal Fly-In wat Donderdag begin het en tot Sondag 29 September duur.
Hierdie is ’n hoogtepunt op vele modelvliegtuig-entoesiaste se kalender. Hulle kom jaarliks van heinde en verre om hier deel te neem. Vanjaar se modelskouspel is die 53ste een wat hier aangebied word.
Oudtshoorn se inwoners is welkom om die groot verskeidenheid moedelvliegtuie wat presies soos die ware jakob lyk, van naderby te kom besigtig. Daar sal ook modelvegvliegtuie wees wat nie skaalmodelle van bestaande vliegtuie is nie, maar ook vir groot opwinding sal sorg. Kosstalletjies sal sorg dat geen besoekers die dag honger of dors sal deurbring nie.
Kom geniet die ervaring en handewerk van vlieëniers wat jare lank aan hulle skaalmodelle werk om die eindresultaat ten toon te stel en in vlug te demonstreer. (Deur Angelique Erasmus)
Be the first to comment on "Modelvliegtuie naweek hier"