Mnr & Mej Struisie 2025

Bo: Vanjaar se wenners - Amoyli Skweyiya (2de prinses), Sara-Jane Lewis (1ste Prinses), Anreé April (Mej Struisie), Nerogan Wales (Mnr Struisie), Ashley Julies (1ste Prins) en Hadrian April (2de Prins). Foto: Angelique Erasmus

Mnr en Mej Struisie 2025 het toeskouers en die wat tuis na Die Hoorn se lewendige uitsending gekyk het, op die punte van hul stoele gehad.

Vanjaar se tema was Celebrating Africa en deelnemers het in die mooiste en mees kleurvolle tradisionele Afrika klere gepronk.

Lekker Nikkie het as seremoniemeester opgetree en gesorg vir groot vermaak met haar grappies asook goeie raad vir toekomstige en huidige smaakmakers.

Een van die lede van die gehoor is selfs genooi om met sy unieke klerestyl op die verhoog te spog.
Vanjaar se beoordelaars was die bekende mode-ontwerper Thomas Thompson wat klere vir verskeie bekendes in SA ontwerp en Sebastiaan Meyer, bemarkingsbestuurder van Cape Karoo International wat gereeld skouers skuur met van die bekendste modelhuise in die wêreld soos Louis Vuitton, Chanel.

Marguerite Coetzee, senior haarstylis by Monsoon, en Clarice Cairncross-Louw, maatskaplike werker en bestuurder van die Tuinroete SANCA (South African National Council on Alcoholism and Drug Dependence), was die ander twee be-oordelaars.

Met die opening het die deelnemers die gehoor vermaak met danspassies, voor elkeen ’n beurt gekry het om ’n draai op die loopplank in hul slenterdrag te maak. Daarna het hulle smaakvolle aandrokke en snyerspakke aangetrek en twee-twee onder luidkeelse toejuiging die loopplank betree.
Vanjaar se wenners is:

Mej Struisie – Anreé April, Mnr Struisie – Nerogan Wales, 1ste Prinses – Sarah-Jane Lewis, 1ste Prins – Ashley Jullies, 2de Prinses – Amoyli Skweyiya, 2de Prins – Hadrian April, Mej persoonlikheid – Jordan Louw, Mnr. persoonlikheid – Jaygin Claassen, Mnr fotogenies – Nerogan Wales, Mej fotogenies: – Anreé April.
Baie geluk aan die wenners en ook aan elke deelnemer, julle het almal pragtig gelyk.

Hoërskool Oudtshoorn bedank ook al die borge wat by die aand betrokke was. Elke bydrae word opreg waardeer. (ANGELIQUE ERASMUS)

Bo: Die smaakmaker, Nikki du Toit, bekend as Lekker Nikki het die gehoor vermaak as serimoniemeester. Nikki het tans amper 40 000 volgelinge op Facebook, 23 000 volgelinge op Instagram en meer as 1 Miljoen likes op Tik tok. Foto verskaf