DIE Polisiehoogte Nasorgsentrum het in September sy tweede modelaand gehou en van die kinders ook vir ’n kustoer en kamp na Harkerville en Plettenbergbaai geneem.
Volgens Phillip Seroux, wat die nasorgsentrum saam met sy vrou, Susanna bedryf, was die modelaand en kroning van Mnr en Mej Nasorgsentrum baie geslaagd. Byron Claassen is vir die tweede jaar ná mekaar as Mnr Nasorgsentrum 2021 aangewys terwyl Enastacia Swartz as Mej Nasorgsentrum 2021 gekroon is.
“Dit is net nog ’n geleentheid om die kinders weg van misdaad en van die strate te hou,” sê Seroux.
Die uitstappie na Plettenbergbaai was volgens Seroux nie net baie lek-ker vir die kinders nie, maar ook baie leersaam.
“Die besoek aan ’n reptiel- en leeu-park was die hoogtepunt.”
Seroux het die ouers van die Nasorgsentrum bedank wat gehelp het met die insameling van fondse vir die toer, asook teenoor almal wat die sentrum sedert sy stigting verlede jaar ondersteun en vir hulle bid. (Deur Garnett Wicomb)
Mnr, Mej Nasorgsentrum gekroon
Byron Claassen (Mnr Nasorgsentrum 2021), Enastacia Swartz (Mej Nasorgsentrum 2021) en Amore Meiring (Mej Presoonlikheid). Agter staan Philip Seroux, Kolisha Ayford (1ste prinses), Eljeano Swartz (1ste prins), Jermaine Wagenaar (2de prins), Shade Loff (2de prinses) en Rolene Rabie (koördineerder).