Mnr en Mej Nasorgsentrum 2020 verkies!

Die wenners van die Poli­sie­hoogte Nasorgsentrum se eerste modelaand en verkiesing van Mnr en Mej Nasorgsentrum was so ge­slaagd dat dit nou jaarliks gehou gaan word. Volgens Phillip Seroux, wat die sentrum saam met sy vrou, Susanna, bedryf, is dit nog ’n geleentheid om die kinders weg van misdaad en uit die strate te hou.Voor is Rodesia Ramond (1ste prinses), Jyda Jullies (2de prinses), Sade Loff (Mej Per­soonlikheid), Byron Claas­sen (Mnr Nasorgsentrum) en Timicia Coerecius (Mej Nasorgsentrum). Middel is Winston May (1ste prins), Vernando Mooi (Mnr Persoonlikheid) en Naswill Alkaster (2de prins) en agter van links die Serouxs, Winston May (voorsitter) en Charlotte May (sekretaresse).