Minné se skielike dood groot skok

DIE skielike dood van Morné Minné, ’n geliefde Oudtshoorniet, op 17 Julie, het skokgolwe deur die dorp gestuur.

Minné, was ten tyde van sy dood in Chapell, Nebraska in Amerika werksaam. Hy het as sweiser gewerk in Oudtshoorn, maar was ook baie bekend as ’n uitmuntende platejoggie.

Minné word agtergelaat deur sy drie kinders, Sandré de Villiers, Corné Minné, Marisa Minné, sy verloofde Lisa Cooper en haar twee seuns, Arlo en Rikus Cooper, sy ma Esmaré Gouws, vier susters en ’n broer.

Minné se troosdiens vind plaas op 28 Julie uit die NG Welgeluk Gemeente in Oudtshoorn om 11:00. (Deur Lindi Brill)