’N 33-JARIGE man van Bridgton het Dinsdag in die Oudtshoorn Landdroshof op ’n klag van moord verskyn nadat hy ’n man van Duikerhof in Bridgton na bewering Sondag met ’n mes in die nek gesteek het.
Volgens lt-kol Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is die slagoffer, Bevin Manual (41), op die toneel deur ambulanspersoneel dood verklaar.
Pojie sê die voorval het omstreeks 20:00 in Duikerhof plaasgevind. “Na bewering was daar ’n stryery tussen die oorledene en die beskuldigde, en die verdagte het die oorledene klaarblyklik in die woning met ’n mes in sy nek gesteek.
Die verdagte is volgens Pojie kort na die voorval in hegtenis geneem, en die ondersoek duur voort. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Messteek in Duikerhof lei tot man se dood
