Mej en Mev Oudtshoorn gekroon!

Hier is die wenners van ’n Mej en Mev Oudtshoorn-kompetisie wat op 14 November deur Pro Academy by La Plume Gastehuis buite Oudtshoorn, gehou is. Foto bo: Tayla Pepper is gekroon as Mej Oudtshoorn, Mikayla Viljoen as eerste prinses en Charis du Plessis as tweede prinses. Foto onder: Mev Oudtshoorn is Cynthia Basie, Charlize Fourie die eerste prinses en Delene Scholtz die tweede prinses. Foto onder middel: Klein Mej Oudtshoorn is Gia­lee van der Bergh, Isiphile Mtshutshwone die eerste prinses en Luah Engelbrecht die tweede prinses. Foto heelonder: Anike Thom is Mej Oudtshoorn Junior, Danielle Thom die eerste prinses en Jenna McCarthy die tweede prinses. Foto’s: Veldskoen Photography