■ Die sosiale media wemel van vertroulike inligting van die Oudtshoorn-raad wat oa fakture en tenderdokumente insluit. Die munisipale bestuurder het nodig om intelligensie aan te stel om vas te stel wie die amptenare is wie die inligting bekom en versprei. Hulle is dislojaal teenoor die raad en behoort geskors te word.
■ Dit sal ’n hartseerdag wees as Die Hoorn, Oudtshoorn se eie koerant, aanlyn gaan en nie meer op papier verskyn nie! Wat is lekkerder as om ’n koerant of boek op papier in ’n lekker gemakstoel te sit en lees! Almal het nie toegang tot ’n rekenaar of lus om die koerant of boek op ’n skerm te lees! Groete, Isabel
■ Ons bly 20 kilometer uit op die Willowmore-pad. Ek ry elke dag Oudtshoorn toe. Van Willowmore tot in Oudtshoorn het ek dit nog nooit beleef soos nou nie. Mense jaag deur De Rust of dit die N1 is. Die pad tussen De Rust en Oudtshoorn noem ek die pad van die dood. Gaan die verkeersbeamptes wag tot iemand doodgery word, of een helse ongeluk op die pad tussen De Rust en Oudtshoorn plaasvind en mense doodgaan voordat daar iets gedoen word? Bekommerde padgebruiker
