DIE Polisie van De Rust het gevra dat enigiemand met inlig-ting oor Hein (Neil) Booysen (35) hulle moet kontak.
Hy is op 2 Mei omstreeks 19:00 laas in die Nelsrivier-omgewing (Die Kamp) gesien en was geklee in ’n swart en wit gestreepte T-hemp, blou denimbroek en swart Puma-skoene. Hy het ’n baard en snor en is sowat 1,6 m lank en weeg sowat 65 kg.
Kontak die Polisie by 044 241 8802 of speurders Thomas by 082 821 0972, ao Burger by 082469 6889 of ao Espach by 079 894 1388.
Man raak vermis naby De Rust
Hein (Niel) Booysen wat vermis word.