17-jarige vas ná messtekery

’N 34-JARIGE man het gesterf nadat hy Saterdag (15 Mei) in Liwanistraat in Bongolethu, Oudts-hoorn met ’n onbekende voorwerp gesteek is.

Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, is die oorledene Ayanda Mduma.

Sy sê ’n 17-jarige is in hegtenis geneem in verband met die moord.

Die voorval het omstreeks 00:50 plaasgevind.