MET die tweede fase van die Covid-19-inenting – vir Suid-Afrikaners bo 60 jaar – wat Maandag afgeskop het, sal inwoners van die Groter Oudtshoorn en Kannaland nog vir eers geduldig moet wees.
Volgens persverklarings van die Wes-Kaapse Departement Gesondheid het dié inentings Maandag in die Kaapse Metropool en enkele ander sentra afgeskop en sal dit oor die volgende weke na van die groter sentra en na landelike inen-tingsentrums soos op Oudtshoorn uitgebrei word.
Mense bo 60 is intussen versoek om nie by ’n inentingsentrum op te daag as hulle nie gere-gistreer het én ’n sms-boodskap ontvang het met ’n datum en plek van hul afspraak nie.
• Maak soos volg om te registreer vir die Covid-19-inenting:
Stuur die woord ‘REGISTER’ na 060 012 3245 op WhatsApp of skakel 134832#. Vir hulp om te registreer, skakel 0860 142 142 of besoek www.westerncape.gov.za. Die biblioteke op Oudtshoorn (met die uitsondering van die Bridgton Biblioteek) bied ook hulp met registrasie. (Deur Liesel le Roux)