Man brand dood in struktuur

Die struktuur waarin ’n man verbrand het.

’N INWONER van Nissenville op Ladismith, James (Jimpie) Jordaan (59), het op 6 Augustus gesterf toe ’n informele struktuur in die agterplaas van ’n huis in Davidstraat in die vroeë oggend­ure aan die brand geslaan het.

Met die aankoms van die Polisie op die toneel was van die bure besig om die brand met tuinslange te probeer blus. Die verkool-de liggaam van Jordaan is tussen die oorblyfsels van die struktuur gevind.

Hoewel geen gemene spel vermoed word nie, doen die Polisie wel ’n ondersoek na die oorsaak van die brand. (Deur Deon Meyer)