Maak so as jy griepsimptome het

DIE Oudtshoorn Gesondheidskluster het Maandagmiddag vergader om seker te maak dat die privaat- en openbare sektore dieselfde proses volg ten opsigte van die koronavirus.

Volgens Hannes Stegmann, bestuurder van die Mediclinic Klein Karoo, bestaan die kluster uit alle gesondheidsrolspelers in Oudtshoorn en staan almal saam om die virus hok te slaan.

Werk saam en beskerm so jou en jou gesin
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die week gesê Suid-Afrika en die Wes-Kaap moet leer uit die ervaringe van ander lande.

“Wat ons weet, is dat ons nou stappe moet doen om die verspreiding te stop. Dit beteken moeilike, maar beslissende optrede.”

Hy het ’n beroep op alle inwoners van die Wes-Kaap gedoen om saam te werk om die verspreiding van die virus te beperk.” Jy moet ’n rol speel om jouself en jou gesin te beskerm. As ons dit doen, sal ons ons gemeenskappe ook beskerm. Ons is almal saam hierin”.

Maak so as jy griepsimptome het:
• Moenie paniekerig raak nie. Plaas jouself onder self-kwarantyn – dit beteken dat jy jou kontak met ander mense moet beperk.

• Bel die nasionale koronavirus-noodlyn (0800 029 999) of jou gesondheids­praktisyn vir raad oor wat om volgende te doen. Bly tuis, behalwe om mediese sorg te kry soos voorgeskryf deur die blitslyn of gesondheidspraktisyn.

Raad wat vir almal geld:
• Beoefen goeie higiëne en was jou hande deeglik en gereeld met seep.
• Bedek jou neus en mond as jy nies of hoes met ’n snesie of jou elmboog.
• Moenie hande skud of drukkies gee nie. Soengroet is uit!

Belangrike Noodnommers:

Nasionale Korona virus-noodlyn:
National Coronavirus Hotline: 0800 029 999

Polisie: 044 203 9000 / 10111

Polisie-radiokamer: 044 203 9022 / 044 203 9089 / 044 203 9090

24 uur-beampte (polisie): 078 893 9968

Brandweer: 044 203 7800

Ambulans: 10177 / 044 203 7200

ER24: 084 124

Oudtshoorn Hospitaal: 044 203 7200

Mediclinic Klein Karoo: 044 272 0111

Queen’s Apteek: 044 272 0400
Ure:

Weeksdae:
08:30 – 20:00
Saterdae:
08:30 – 13:00
18:00 – 20:00
Sondae:
10:00 – 12:00
18:00 – 20:00

Watson & Brink Ap­teek: 044 272 2184
Ure:

Weeksdae:
08:30 – 17:30
Saterdae:
08:30 – 13:00