Lyk op De Rust-pad: 3 skuldig aan moord

DIE saak teen drie mans van Rose Valley op Oudts­hoorn wat aan moord skuldig bevind is, is in die streekhof vir ’n proefbeampteverslag en vonnisverrigtinge tot 16 Maart uitgestel.

Streeklanddros Sylvia Mandla het bevind dat Elias Kammies, Heinrich September en Joseph Olckers op 22 Maart 2019 vir Johannes Jonathan aangeval het en dat Olckers hom met ’n mes in die long gesteek het.

Jonathan se lyk is die betrokke aand op die De Rust-pad naby ’n stop-en-ry-punt aangetref.

Kammies se borgtog van R1 000 is verleng omdat hy reëlings by sy werk wil gaan tref.

September en Olckers bly in aanhouding. (Deur Garnett Wicomb)