Luiperd verrassing in Rooibergpas

’n Skermgreep van die Luiperd wat in die Rooiberg-pas gewaar is. Foto: Facebook video

’n Video is verlede week deur ’n onbekende persoon op Facebook gelaai van ’n luiperd wat langs die pad afgeneem is in die Rooibergpas tussen Calitzdorp en Van Wyksdorp.

Volgens SANparke is ’n luiperd ’n baie skugter dier en is dit baie skaars dat jy hulle sommer so in die oopte gedurende die dag sal sien.

“Ons sit gewoonlik kameras in die berg en ons het al ’n paar keer van hulle afgeneem. Maar dit is voorwaar ’n besonderse gebeurtenis om een van die pragtige diere só te kan besigtig”, het een van die werknemers van SANparke in Oudtshoorn aan Die Hoorn gesê. (Deur Lindi Brill)