Die Koffiepot by Millenium Park Aftree-oord het Vrydag, 17 Mei sy 7de verjaarsdag gevier met ’n heerlike kuier en musiek wat almal se voete laat juk het. Die Koffiepot is 7 jaar gelede deur Elias Olivier begin, sodat die pasiënte in die siekeboeg ’n kuierplek kan hê om hul vriende en familie wat kom kuier te onthaal. Die Koffiepot is ook die bymekaarkomplek vir die breigroepie, wat met hul nuutste projek 180 mussies vir Eljada gebrei het. Op die foto is Elias Olivier (tweede van links) langs sy vriendin, Isabél Fourie, saam met Piet Barnard (trustee raadslid) en Sharron Hammond (bestuurder van die oord). Foto: Lindi Brill