DAAR is geen keer aan Oudtshoorn se gospel-rymkletser Luigi April nie. Nadat hy sy eerste klerereeks verlede jaar vrygestel het, is hy terug met nuwe ontwerpe wat op 1 Maart vrygestel is.
Luigi, wat ook al boeke geskryf het, se #HKND-klerereeks is volgens hom nasionaal en internasionaal beskikbaar.
Sy vorige klerereeks bestaan uit pette, T-hemde en sweetpakbroeke en word bemark onder die name van Luigi se twee musiekvideos, HKND – Hier kom ’n ding en Sy genade is genoeg vir my, asook die name van twee boeke wat hy oor sy lewe geskryf het, naamlik A Walk with the Lord en Ek wandel met die Here.
Sy inspirasie vir die nuwe reeks het gekom an die terugvoering op sy eerste reeks. “Almal was in hulle noppies oor die nuwe koers wat ek ingeslaan het. Ek is besig met kontrakte om my klerereekse in nasionale klerewinkels te plaas om dit makliker bekombaar te maak,” sê hy.
Luigi sê die klere is “enig in hul soort” en is geskik is vir oud en jonk.
Lesers wat meer wil weet oor sy klerereekse kan die Facebook-blad, Luigi’s Online Store, volg of hom self kontak op 063 363 0841. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Luigi se klerereeks brei uit
Luigi April met ’n pet en hemp uit sy klerereeks. Foto verskaf