Louvain Burn Els se laaste “rusplek”

Niel Els se as word tydens ’n spesiale geleentheid by Louvain Burn musiekfees hierdie naweek op Louvain Gasteplaas gestrooi. Louvain is sowat 40 km buite Oudtshoorn, na Uniondale se kant toe.

Els is op 11 Februarie vanjaar skielik oorlede, en sy dood was vir sy familie, vriende en mense wat met hom gewerk het ’n groot skok.

Hy was bekend in besigheids- en toerisme-kringe. Sy seuns, Joshua en Vaughn, gaan sy as daar strooi. Familie en vriende is welkom om die seremonie by te woon en kan laatmiddag by Louvain aanmeld. Die leemte wat deur Els gelaat is, kan steeds gevoel word.

“Louvain was my pa se gunsteling plek en daarom is dit so gepas om sy as daar te strooi,” sê Joshua, sy seun.

Hy was ’n passievolle, flambojante persoon, met ’n “larger than life” persoonlikheid, en het alles in die lewe met oorgawe aangepak en geniet. Kom deel in die laaste totsiens. (ANGELIQUE ERASMUS)