Liggaam van baba op tiep skok

Foto: Die Hoorn argief

Die liggaam van ’n baba is Maandag deur ’n inwoner by Oudtshoorn se stortingsterrein ontdek.
Oudtshoorn Polisie, asook die ambulansdienste is na die toneel ontbied, waar die baba dood verklaar is.

“Die Oudtshoorn Polisie het ’n verberging van geboortedossier geopen,” het sers Christopher Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie gesê.

Die polisie vra dat enige persone met inligting of wat kan help om die dame op te spoor kan die ondersoek beampte ao Gregory Veldsman kontak by 044 203 9200 of 079 894 1897. (Deur Angelique Erasmus)