Laerskool Wesbank se skoolkoor tree op saam met Suid-Kaap Kinderkoor

Laerskool Wesbank se koor het Vrydag saam met die Suid-Kaap Kinderkoor by die Oudtshoorn NG Moedergemeente in Kerkstraat opgetree. Dit was beslis ’n belewenis aangesien die akoestiek in die ou sandsteenkerk besonders is. Hierdie konsert was deel van “Sing in die Klein Karoo”. Foto: Hans van der Veen