DIE kuierplek After Dark in St Saviourstraat op Oudtshoorn is onlangs deur die Drankraad en Oudtshoorn Polisie tydelik toegemaak omdat dit geen Covid-19-protokol in plek gehad het nie.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is daar talle klagtes van die publiek oor die kuierplek ontvang, en met die Polisie se besoek aan die klub was geen Covid-19-protokol in plek nie.
“Hulle het alle Covid-19-regulasies verbreek,” het sy bygevoeg.
Volgens Michaels het die eienaars ook nie die rampbestuurswet ten opsigte van die Covid-19-inperkingsmaatreëls nagekom het nie.
Na verneem word uit klagtes wat deur inwoners aan Die Hoorn gestuur is, is een van die eienaars van After Dark ’n verkeersman op Oudtshoorn. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Kuierplek gesluit oor Covid-19-protokol
Die kuierplek After Dark op Oudtshoorn