VANDEESWEEK is dit winskoopweek op Oudtshoorn met inwoners wat ’n Kuierbuurtkaartjie vir slegs R200 kan opraap!
Dié spesiale aanbieding geld net tot môre (Vrydag 31 Januarie) en is slegs vir Oudtshoorniete. Die gewone prys van ’n weekkaartjie is R330.
Die Kuierbuurtkaartjie sluit onder meer ses opelugkonserte, die Castle-verhoog, Speelbos, Liplekker, kroeë en rusareas in.
Gaan koop nou joune!
Dit is slegs by Kunste Onbeperk se kantoor in Die Neelsie (by Arbeidsgenot) in Jan van Riebeeckweg beskikbaar. (Deur Liesel le Roux)