Kry jou inenting dié naweek!

INWONERS van die Tuinroete Distrik het Saterdag en Sondag die kans om die Covid-19-inenting gratis te ontvang om inwoners te help wat nie in die week vir hul inenting kan gaan nie.

Die naweek se inisiatief maak deel uit van die nasionale Vooma Vaccination Weekend wat van 1 tot 3 Oktober duur om te verseker dat 70% van volwassenes in Suid-Afrika aan die einde van die jaar die entstof ontvang het. Dit beteken dat nog 17 miljoen mense dit moet ontvang.

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Departement Gesondheid in die Tuinroete Distrik, glo die departement dat minstens 20000 lewens deur dié inisiatief gered sal kan word.

In die Tuinroete is reeds 256879 entstofdosisse toegedien. 41% van die streek se inwoners bo 18 jaar is reeds ingeënt.

Vooma-naweekinentings se persele in die Groter Oudtshoorn en Kannaland is:
Kannaland: Ladismith-stadsaal – 08:00 – 16:00
en Calitzdorp NG Kerksaal – 08:00 – 16:00
Oudtshoorn: Bongolethu-kliniek – 08:00 – 16:00