Oudtshoorniete het dalk die nuwe groot kruis op Spekkop, na Schoemanshoek se kant toe, opgemerk. Die kruis, 14 meter hoog, is binne twee dae opgerig en die resultaat van ’n vierjaarlange projek van die Oudtshoorniet Ranger Grebe (regs). Dit is deel van die iSurrender-beweging wat in 2019 deur Grebe begin is. Tydens die pandemie is wit vlaggies in Voortrekker- en Langenhovenweg asook Baron van Redestraat op lamppale aangebring. Grebe sê die boodskap wat dié inisiatiewe wil oordra, kan saamgevat word in die woor-de: Bring terug die hoop. “Daar gaan ’n tyd kom wat so swaar gaan wees dat mense gaan wil opgee, maar hulle moet oorgee aan Jesus, en daarom sit ons die kruis op as ’n simbool van hoop,” sê hy. Daar word beoog om die kruis se ligte Paasnaweek aan te skakel en dan ook vir die dorp te bid. Vir meer inligting kontak Grebe by 083 941 6601. Foto’s verskaf