Kroon wink vir Mia

Mia le Roux. Foto: SJ van Zyl

Mia le Roux, wat grootgeword het op Oudtshoorn, is een van die 10 finaliste vir Mej SA 2024
wat op Saterdagaand 10 Augustus in Pretoria gekroon sal word.

Mia is op 10 maande as doof gediagnoseer, maar hoor danksy ‘n kogleêre inplanting wat sy op twee jaar gekry het en praat vlot Afrikaans en Engels.

Sy is die eerste dowe finalis in die geskiedenis van die kompetisie.

Mia, ’n oud-leerder van die Laerskool van Reede en Hoërskool Oudtshoorn, woon en werk tans in Kaapstad. Mia is die dogter van Schalk en Liesel le Roux, eienaars van PostNet en die vorige eienaars van Die Hoorn, wat hulle in 2001 op Oudtshoorn begin het.

Oudtshoorn se nuutverkose uitvoerende burgemeester, Johan Allers, het telefonies sy gelukwense aan Mia le Roux oorgedra.

“Jy is ’n toonbeeld van iemand wat bo haar gehoorgebrek uitgereik het en streef na die hoogste sport in die lewe. Ons as Oudtshoorniete staan bankvas agter jou en sal Saterdagaand deel in jou suksesverhaal,” het Allers gesê.